Die MRK sê hy sal nie gestuit word in sy pogings om Operasie Dudula te verhoed om buitelanders van gesondheidssorg te ontneem nie. Die Kommissie se aansoek om n interdik te verkry teen Operasie Dudula se veldtog by klinieke is verlede Vrydag van die hand gewys. Die Durban se hooggeregshof het nie saamgestem met die dringenheid van die aansoek nie. Operasie Dudula verhoed al sedert verlede Julie toegang tot klinieke aan enigiemand wat nie oor 'n SA identiteits dokument beskik nie. Die hoof-kommisaris by die MRK, Chris Nissen het ook aan Monitor gese dat ondersteuners van Dudula ons grondwet verkeerdelik interpreteer en dat alle inwoners, ongeag van verblyfstatus, wel toegang moet hê tot basiese gesondheidsdienste.

Wins uit ‘n Ponzi-skema belegging is nie jou geld nie, dit is 'n opbrengs uit misdaad.
05:22

Dit is hoe die regering ons kan beskerm teen 'n groot brandstofprys-verhoging
08:04

Brandstofpryse gaan knyp midde van die oorlog
04:33