Dis die vraag wat die landbou organisasie SAAI vra. Dr Theo De Jager, die uitvoerende raadsvoorsitter van die organisasie, sê daar heers steeds onduidelikheid oor of boere vir die entstowwe teen bek-en-klouseer moet betaal indien hulle nie kan wag vir die geleidelike uitrolplan wat deur die regering uitgevoer word nie. Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, beskryf intussen die aankoms van 1-komma-5 miljoen dosisse van die Dollvet-entstof uit Turkye vroeër hierdie week, as 'n reuse-oorwinning in die stryd teen bek-en-klouseer. Nog besendings van die Biogénesis entstof uit Argentinië, sal na verwagting later die maand in Suid-Afrika aankom. Maar honderde boere sit met hul hande in die hare, terwyl hulle wag vir die entstof om hulle te bereik.

Wins uit ‘n Ponzi-skema belegging is nie jou geld nie, dit is 'n opbrengs uit misdaad.
05:22

Dit is hoe die regering ons kan beskerm teen 'n groot brandstofprys-verhoging
08:04

Brandstofpryse gaan knyp midde van die oorlog
04:33