23 Julie 2026: Nieu-Seeland, Australië, die VSA, Europese Unie en Argentinië is sleutel suiweluitvoerlande. Volgens die jongste statistiek van die Wêreld Monetêre Fonds is daar vir die eerste keer is baie jare ‘n sterk groei in onverwerkte melkproduksie. Wat beteken dit vir die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf ? Melk SA se jaarlikse Lacto Data-verslag verskaf inligting oor die struktuur, prestasie en produksie van die suiwelbedryf in Suid-Afrika en elders. Reënvalvooruitsigte vir graangebiede in die Wes-Kaap lyk nie gunstig nie, maar dalk het die prentjie verander. Johan van den Berg het die jongste landbouweervooruitsigte. Chris Derksen terug met die week se vleispryse.