22 Julie 2026: Is Suid-Afrika gereed vir die volgende voëlgriepuitbreking? ‘n Webinaar is onlangs hieroor aangebied. ‘n Bonsmara-produsent van die Roedtan-omgewing in Limpopo vertel hoe hulle die afgelope jaar se uitdagings in die veebedryf hanteer het. Volgens Johan Boshoff van Sebadja Bonsmaras gee die hoër speenkalfprys hulle weer moed. Hy vertel ook van hulle veilingsaanbod van 7 Augustus op die plaas, Smallepad.