



RSG Landbou 7 Januarie 2026
Weet jy wat die rol van die Nasionale Landboubemarkingsraad is in terme van ‘n Artikel 7-ondersoek? Die Koringforum het vir ‘n ondersoek na die koringbedryf aansoek gedoen. Professor André Jooste verduidelik waarom dit nodig is. Die voordele van battery-aangedrewe tuingereedskap strek weier as net …

RSG Landbou 6 Januarie 2026
Het jy geweet Suid-Afrika is tiende op die lys van lande wat bewaringslandbou as ‘n boerderypraktyk aanvaar? Ons praat met dr. Hendrik Smit van Asset Research oor bewaringsboerdery, die aanvanklike uitdagings, toerusting en langtermynvoordele. Die Van Hasselt en Gasverkoper Veldramveiling vind op 1…

RSG Landbou 5 Januarie 2026
Ons kuier op Zuurplaats in die Graaff-Reinet-omgewing by Groep 3 Merino’s. Weet jy wat die term, erfdwang, in die Merino-stoetbedryf beteken? Theo en Jaco Potgieter asook Kleintjie Pienaar verduidelik waarom dit ‘n vereiste tydens seleksie is. Dr. Simon Lashmar van die Landbounavorsingsraad praat o…

RSG Landbou 3 Januarie 2026
Wat weet jy van merries en hingste? Die Percheron is ‘n dier wat homself al eeue lank bewys het as ‘n beeldskone lewende standbeeld. Wanneer jy hoor wat telers vir hierdie perde vra, besef jy gou dat trou nie sommer duurder as perdekoop is nie.

RSG Landbou 2 Januarie 2026
Marline Burger, kuddebestuurder van die Percheron-perdestoet by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, gesels oor die herkoms van dié diere, en hedendaagse boere wat steeds sin daarin het om hulle as werksperde op plase in te span. Sy bespreek ook die melkkudde se bestuur op die Elsenburg-navorsin…

RSG Landbou 1 Januarie 2026
Het jy geweet ongeveer 99% van Suid-Afrika se totale wolproduksie word in ‘n rou formaat uitgevoer? Daar is egter een maatskappy wat in 2017 besluit het om ‘n wolverwerkingsbesigheid te begin. Ons het in Oktober vanjaar hierdie onderneming in die Paarl besoek en met die stigter, Stefan Gerber van G…

RSG Landbou 31 Desember 2025
Het jy geweet dat elke deel van ‘n boom in iets nuttigs omskep kan word? Behalwe vir papier, word houtvesel ook in produkte soos klere, velsorgprodukte en dierevoeding gebruik. Luister weer na ons gesprek met André Oberholzer van Sappi hieroor. Dr. Klaas-Jan Leeuw van die Landbounavorsingsraad verd…

RSG Landbou 30 Desember 2025
Vanjaar se wenner in Graan SA se Graanprodusent van die Jaar-kompetisie, is Hansie Viljoen van Leeudoringstad. Ons luister weer na die onderhoud wat ons met hom gevoer het oor sy diverse boerdery, wat bestaan uit verskeie gewasse en drie soorte beesrasse. Het jy geweet die olieboom-onkruid hou ‘n g…

RSG Landbou 29 Desember 2025
Francois Rossouw, ‘n tafeldruifprodusent van Mooigezicht Landgoed in die Hexriviervallei, is vanjaar as die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar aangewys. Ons luister weer na die gesprek wat ons met hom gehad het nadat hy die provinsiale jongboerkompetisie gewen het. Het jy geweet die Letelle-sk…

RSG Landbou 27 Desember 2025
Gillian Arendse, die hoof van kommunikasie en belangegroepe by die Nasionale Navorsingstigting, het ‘n doktorsgraad in eksperimentele kernfisika. Hy is jare lank al betrokke by opvoeding. As geliefde mentor het hy male sonder tal die onbaatsugtiheid van opkomende landbouers gesien, ook tydens ’n on…