



RSG Landbou: Is daar buitelandse burgers op jou plaas, en is hulle wettig?
15 Junie 2026: Die Departement van Indiensneming en Arbeid beoog om 10 000 arbeidsinspekteurs aan te stel om nakoming van arbeid-en indiensnemingswetgewing te verseker. Is daar enige buitelandse burgers op jou plaas, en is jy seker hulle werkspermitte is wettig? Arbeidspesialis André Bloem verduide…

RSG Landbou: Agri-Expo kry toekenning vir bedryfsinnovasie
13 Junie 2026: Agri-Expo is met ’n toptoekenning vir bedryfsinnovasie vereer by die 2026 Wes-Kaap Ekonomie-innovasietoekennings, aangebied deur die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid. Volgens Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, bevestig hierdie erkenning die organisasie se verbinte…

RSG Landbou: Kunsmisvervaardiging; Valutabeheer en -bestuur
12 Junie 2026: Louis Strydom van Omnia Nutriologie SA praat oor die voorsieningsketting van rou en verwerkte produkte in die vervaardiging van kunsmis, en verduidelik die uitdagings wat op die oomblik in dié verband bestaan. Torsten van Oort, ‘n internasionale digitale bemarkingsbestuurder by ‘n fi…

RSG Landbou: Plantstres; Ankole-beeste
11 Junie 2026: Stres by plante is ‘n aspek wat dikwels deur landbouers onderskat word. Ons gesels met Kenny Beeton van Nutrico oor faktore wat tot plantstres kan lei, en hy vertel van seewierekstrakte wat as ‘n moontlike oplossing kan dien. Ons praat ook oor die Ankole-beesras in Suid-Afrika. Het j…

RSG Landbou: Die verbouing van pruimedante in SA
10 Junie 2026: Die Internasionale Pruimedantevereniging se jaarkongres is in April in Italië gehou. Alhoewel Suid-Afrika slegs tussen 150 en 200 hektaar aanplant teenoor China se 62 000 hektaar, is ons vrugte van hoogstaande gehalte. Jacques Jordaan van die Inmaakvrugte-produsentevereniging het die…

RSG Landbou: Weskus-blomme van waarde vir veeprodusente
9 Junie 2026: Christoph Thomet, ‘n wynbemarker van Switserland, vertel van die wyne wat hulle produseer, en deel sy indrukke oor Suid-Afrikaanse wyne en wyntoerisme. Yolandi Botha van Vinpro praat oor haar rol as ekonoom by dié produsente-organisasie. Heinrich Victor is terug met die jongste wolpry…

RSG Landbou: Wynbottels is ligter?
8 Junie 2026: Het jy geweet die glasbottel wat deesdae vir wyn gebruik word, weeg minder as ‘n paar jaar gelede? Dis deel van die plaaslike wynbedryf se pogings om sy impak op die omgewing te verminder. Die derde wynberaad is onlangs in Stellenbosch gehou, en Rico Basson van South Africa Wine het d…

RSG Landbou: Christi van den Heever en jeugskoue; Hommeltuie as vervoermiddel
6 Junie 2026: Christi van den Heever is drie jaar gelede aangewys as Jongboer van die jaar in die Wes-Kaap. Hy boer vir Graaff Fruit as landgoedbestuurder op die plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld. Hy tree gereeld op as beoordelaar by jeugskoue. Arie van Ravenswaay van die Departement van Land…

RSG Landbou: Rubberbome in Brasilië; Rooibos in die wêreld
5 Junie 2026: Professor Stephanie Midgley, ‘n spesialis wetenskaplike in klimaatsverandering, praat oor landbou-aktiwiteite wat met rubberbome in Brasilië verband hou. Joe Swart, ‘n direkteur by die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, verduidelik hoe rooibos aan internasionale markte voorgestel word. Wess…

RSG Landbou: Wildboerdery in Suid-Afrika
4 Junie 2026: Het jy geweet wildboerdery in Suid-Afrika beslaan meer as 20 miljoen hektaar, en dié plase dra drie keer meer wild as nasionale- en ander wildparke in die land? Die Wildbedryf SA-stigting help wildboere in nood, ontwikkel die jeug, bied vaardigheidsontwikkeling en nog baie meer. Ons g…