Op en WakkerOp en Wakker

Land en Sand: Pieter Mulder

View descriptionShare
Dr. Pieter Mulder is een van die langsdienende parlementslede in die geskiedenis van Suid-Afrika. Vir byna 30 jaar was hy in die parlement, en het onder sewe Suid-Afrikaanse presidente gedien - van PW Botha tot Cyril Ramaphosa. Sy pa, Connie Mulder, was ook ’n minister, en sou verlede week 'n 100 jaar oud gewees het. Hy is uit die kabinet geskop ná die veelbesproke Inlgtingskandaal. Pieter Mulder het land en sand met Pieter Steyn gesels oor die Inligtingskandaal, die sewe presidente onder wie hy gedien het, sy muurhorlosieversameling, sy versameling sout- en peperpotte van regoor die wêreld, en sy grootwordjare in Randfontein en die parlementêre dorpie, Akasiapark.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 2 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,826 clip(s)