



Afrikabeker-eindstryd: Drama, woede en kalmte
As jy gedink het 7de Laan en Muvhango was dramaties, het die Afrikabeker-eindstryd Sondag tussen Senegal en Marokko alles oortref. Dit het ’n wêreldwye debat oor sportmanskap en leierskap losgemaak, en die wenspan is met $300 000 beboet omdat hulle die spel onderbreek het. En terwyl die dreigbriewe…

In die kollig 2 – 21 Januarie 2026
Die Beckham-drama duur voort.

Gemeenskap en plaaswag herstel brug ná vloed in Hoedspruit
’n Sleutelbrug sowat 4 km buite Hoedspruit in Limpopo, daar in die geweste van die Blyde¬rivier, is ná swaar reën en oorstromings onbegaanbaar gelaat. Dit het inwoners en boere gedwing om ’n ompad van byna 50 km te ry. Nadat vloedwater verlede week die struktuur oorstroom en die pad gesluit is, het…

Historiese Almanak 21 Januarie 2026
Albe Grobbelaar praat oor generaal Piet Joubert, wat in nie minder nie as drie presidentsverkiesings teen pres. Paul Kruger verloor het.

Sakenuus 21 Januarie 2026
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor hoe om die mark te benader wanneer die meeste aandele baie goed vaar.

Kollektiewe rou en woede ná Vanderbijlpark-tragedie
Mense van oor die land heen is verslae ná die tragiese ongeluk Maandag in Gauteng wat die lewe van 12 skoolkinders geëis het. ’n Vroeë ondersoek dui daarop dat die minibus-taxi nie behoorlik gelisensieer was nie. Die bestuurder het ook nie ’n geldige lisensie gehad om leerders te vervoer nie. Terwy…

In die kollig 1 – 21 Januarie 2026
Kaapstad vereer David Kramer en Taliep Petersen met hoogste burgerlike eerbewys.

Tshwane se motorveiling: Reddingsboei of rookskerm?
Die sukkelende Tshwane-metroraad wil 800 munisipale voertuie opveil, in ’n desperate poging om sy koffers aan te vul. Die DA waarsku egter dat die verkoop van afgeskryfde bates min verskil sal maak in die veel groter begrotingskrisis. Die stad is reeds meer as R1,5 miljard in die rooi, en om skieli…

Wat jy vandag moet weet 21 Januarie 2026
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.

RSG & ATKV lig sluier op 30ste radiodrama-skryfkompetisie
Vanjaar vier ons die 30ste aflewering van een van die oudste en mees gesogte skryfkompetisies in Afrikaans - ’n kompetisie wat geslagte skrywers bekendgestel het en steeds radiodrama as ’n kreatiewe medium vier. Van die land se bekendste skrywers, soos Chris Barnard, was al wenners, en vanjaar is d…