Hy is nie bang om sy mond oor die ANC uit te spoel nie. Trouens, hy is nie bang om sy mening oor enigiets van die ekonomie tot die politiek te laat hoor nie - menings wat hom al in die moeilikheid laat beland het. Dawie Roodt is een van Suid-Afrika se voorste ekonome en kommentators. Hy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor die ANC, Trump en wokeness, sy Russiese vrou, Poetin, en ’n hele rits ander interessanthede.