’n Platform wat kunsmatige intelligensie gebruik om nie net data te verwerk nie, maar werklike besluite in ’n breukdeel van ’n sekonde te neem, het ’n internasionale toekenning losgeslaan. Sportbot Europe koördineer komplekse stelsels van noodreaksies tot logistiek, sodat besluite vinniger en meer akkuraat geneem kan word. Die inspirasie agter Sportbot Europe is dr. Johan Bosch, ’n Kapenaar wat homself beskryf as ’n argitek van mensgesentreerde KI-infrastruktuur.