Sy eerste drie albums is destyds deur die SAUK verbied, en hoewel dit hom die harnas ingejaag het, het dit hom nie ontmoedig om steeds musiek en albums te maak nie. Die ATKV het Coenie de Villiers met sy Prestigeprys bekroon, en Coenie se jongste album is pas bekend gestel. Hy was ook byna twee dekades lank die aanbieder van Kwêla. Hy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor sy musiek, sy jare as pianis in Griekeland, sy gunsteling onderhoude, en kuns.