Hidrobreking word toenemend as ’n energie-oplossing voorgestel, maar elke boorgat gebruik miljoene liter water, en kan ’n beduidende invloed op die Karoo se ekostelsels, grondwater en gemeenskappe hê. Met die beoogde opheffing van ’n moratorium staan Suid-Afrika voor ’n kragtige keuse. Dit handel oor spekulatiewe ekonomiese beloftes teenoor die beskerming van water, landbougrond en biodiversiteit vir toekomstige geslagte. Ons praat hieroor met Marais de Vaal, Afriforum se omgewingsake-raadgewer.