Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van Fedsas, oor waar ons staan met die BELA-wetgewing en die regulasies waarop tans kommentaar gelewer kan word. Hy beklemtoon dat dit vir ouers, skole en skoolgemeenskappe uiters belangrik is om die komende maand produktief te gebruik om hulle stem te laat hoor. Dit gaan nie net oor die kwessie van kapasiteit nie, maar ook oor die bepalings rakende toelatings wat direk ’n invloed op skole se funksionering en gemeenskappe se inspraak het.