Johan van Lill praat met onderwyskundige Gregory Marais oor leesontwikkeling in die intermediêre fase - die belangrike oorgang waar leerders beweeg van leer om te lees na lees om te leer. Die gesprek fokus op waarom baie leerders steeds met leesbegrip sukkel wanneer hulle reeds in graad 4, 5 en 6 is, en wat dit vir onderrig in alle vakke beteken.