

Ons en die onderwys: Staan saam met onderwysers
11 Oktober 2026: Wêreldonderwyserdag is op 5 Oktober gevier. Estel de Beer praat met Paul Sauer van die SAOU oor die beskerming en bevordering van die onderwysberoep.

Ons en die onderwys: Wanneer die gesprek moeilik raak - Ouers en onderwysers
4 Oktober 2026: Wanneer ’n gesprek tussen ’n ouer en ’n onderwyser oor ’n kind se gedrag, vordering of uitdagings gaan, kan dit maklik sensitief raak. Johan van Lill praat met Adel Jacobs, afdelingshoof van Professionele Dienste by die SAOU, oor waarom hierdie gesprekke soms skeefloop en hoe ouers …

Ons en die onderwys: Grondslagfase-leermateriaalkatalogus
27 September 2026: Die nuwe nasionale katalogus vir grondslagfase-leermateriaal het die afgelope maande tot ondersoeke, onsekerheid en ’n openbare meningsverskil binne die Departement van Basiese Onderwys gelei. Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van FEDSAS, oor wat gebeur h…

Ons en die onderwys: Wanneer opleiding en die werkswêreld hande vat
20 September 2026: Hoe kry ’n mens opleiding nader aan die plekke waar vaardighede werklik nodig is? Johan van Lill praat met Phillip Harmse, Uitvoerende Hoof: Besigheidsontwikkeling by Africa Skills, oor ’n samewerkingsmodel wat opleiding, praktiese werkservaring, plaaslike ondernemings en gemeens…

Ons en die onderwys: 650 gesprekke oor onderwys
13 September 2026: Estel de Beer, senior regisseur: mandaat, drama en opvoedkunde by RSG, praat met Johan van Lill ter viering van sy 650ste program. Hulle kyk terug na hoe Johan by die program betrokke geraak het, hoe die onderwysgesprek oor die jare verander het, en wat hy uit honderde gesprekke …

Ons en die Onderwys: Selfgerigte leer in ’n veranderende wêreld
6 September 2026: Johan van Lill praat met prof. Dorothy Laubscher, waarnemende navorsingsdirekteur van die Noordwes-Universiteit se Navorsingseenheid Selfgerigte Leer, en Eunice Pretorius, koördineerder van die PGCE-program en junior lektor aan die Noordwes-Universiteit, oor selfgerigte leer en wa…

Ons en die onderwys: Die krag van skoolleierskap
30 Augustus 2026: Johan van Lill praat met prof. Lloyd Conley, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit, oor die rol wat skoolleierskap in die sukses en ontwikkeling van ’n skool speel. Hulle gesels oor die verskil tussen bestuur en leierskap, waarom onderrig e…

Ons en die onderwys: Kuns, beweging en kreatiwiteit in kinderontwikkeling
23 Augustus 2026: Johan van Lill praat met die bekroonde visuele kunstenaar Henk Serfontein oor die Bloekomboom-projek. Dis ’n inisiatief waarin visuele kuns, beweging en die natuur saamkom om kinders ruimte te gee om te ontdek, te ervaar en hulleself uit te druk. Dit het ontstaan uit die raakpunte…

Ons en die onderwys: Wanneer ’n leerder ondersteuning nodig het
16 Augustus 2026: Johan van Lill praat met Ronica Thompson, professionele adviseur van leerders met spesiale onderwysbehoeftes en inklusiewe onderwys by Professionele Dienste van die SAOU, oor wat inklusiewe onderwys prakties beteken vir leerders met leerhindernisse in hoofstroomskole. Hulle bespre…

Ons en die onderwys: Regte, verantwoordelikhede en beste belang van kind
9 Augustus 2026: Johan van Lill praat met prof. Mariëtte Reyneke en dr. Juané van der Merwe-Mocke, redakteurs van die nuwe boek, Commentary on Education Law and Policy. Hulle verduidelik waarom kennis van onderwysreg noodsaaklik is vir regverdige en verantwoordelike besluitneming in skole.