Johan van Lill met praat Elsie Harmse, uitvoerende hoof van UXi Artisan Development en medestigter van Africa Skills, oor ’n belangrike verskuiwing in ouerskap: Ouers as loopbaanvennote – nie toeskouers nie. Die gesprek fokus op hoe ouers tieners en jong volwassenes kan ondersteun in hulle loopbaankeuses deur ingeligte gesprekke, realistiese verwagtings en ’n beter begrip van opleidingspaaie en arbeidsmarkrealiteite. Daar word gekyk na die waarde van beroepskwalifikasies, die rol van finansiële beplanning en hoe ouers betrokke kan bly sonder om oor te neem.