

Floreer of krepeer 24 September 2023
Om ‘n kind aan die dood af te staan, is seker een van die ergste dinge wat met ‘n ouer kan gebeur. Alida Venter het twee kinders binne 14 maande van mekaar begrawe, en toe besluit om ‘n padveiligheidsaktivis te word. Sy het die organisasie, DRIVE MORE SAFELY, gestig, Haar werk om padsterftes te ver…

Floreer of krepeer 17 September 2023
Die skrywer, Madelein Rust, is ‘n sprekende voorbeeld daarvan dat jou omstandighede nie jou lewensuitkyk hoef te bepaal nie. Sy gesels oor die belangrikheid van dankbaarheid, geloof en ‘n sin vir humor, en hoe dit haar veerkragtigheid bevorder. Sielkundige Jolynne du Randt verduidelik hoe die hou v…

Floreer of krepeer 3 September 2023
Watter kans het ‘n kind wat in ‘n tronk gebore is, om ‘n normale lewe te lei? Felicia Goosen, skrywer van PRISON CHILD, is in ‘n tronk in Thailand gebore tydens haar ma Vanessa se aanhouding. In ‘n opvolg op die gesprek met Vanessa, vertel Felicia van die verreikende invloed wat haar ma se lewe op …

Floreer of krepeer 27 Augustus 2023
Die lewe is vol uitdagings en swaarkry, en al het ons nie altyd ‘n keuse oor dit wat met ons gebeur nie, kan ons kies hoe ons daarop reageer. Kies jy om aan te pas en aan te hou probeer, of gooi jy tou op? Dis presies die keuse wat Vanessa Goosen moes maak toe sy in ‘n tronk in Thailand beland het,…

Floreer of krepeer 20 Augustus 2023
Leonise Joubert van Vivo in Limpopo praat openhartig oor die wrede plaasaanval en verkragting, wat haar en haar man Chris en hulle geliefdes se lewe vir altyd verander het. Leonise het uit haar hospitaalbed gepleit dat die aanval nie op ‘n rassekwessie moet uitloop nie, en vertel ‘n aangrypende ver…

Floreer of krepeer 13 Augustus 2023
Ilse Verster, skrywer van SO LYK ‘N VROU, vertel hoe sy die stukke opgetel het ná ‘n huwelik van 40 jaar waarin sy mishandel is, en verskeie kere haar eie lewe wou neem. Sy het praktiese raad vir vroue (en mans) in soortgelyke verhoudings. Kliniese sielkundige Jolynne du Randt gee wenke oor wat jou…

Floreer of krepeer 6 Augustus 2023
Grant Lottering, ‘n professionele fietsryer wat 10 jaar gelede tydens ‘n verskriklike val met sy fiets 22 bene in sy lyf gebreek het en op die toneel dood verklaar is, het sedertdien duisende kilometer per fiets afgelê en miljoene rande vir liefdadigheid ingesamel. Hy deel sy veerkragtigheidsverhaa…

Floreer of krepeer 30 Julie 2023
Ilse Salzwedel gesels met aktrise en kabaretster Elsabé Zietsman oor hoe sy van vooraf moes begin planne maak om geld te verdien nadat die streng Covid-inperkings haar van alle inkomste ontneem het. Kliniese sielkundige Jolynne du Randt gesels oor aanvaarding, ‘n kernelement van veerkragtigheid, en…

Floreer of krepeer 23 Julie 2023
Ilse Salzwedel gesels met Michele Potgieter. Sy en haar man, Ockert, het 27 jaar gelede ‘n kerk in Oekraïne gaan stig, en al is Ockert onverwags dood kort voordat die oorlog daar uitgebreek het, het Michele gekies om nie die mense van haar nuwe land in die steek te laat nie. ‘n Kliniese sielkundige…

Floreer of krepeer 16 Julie 2023
Sanger André Schwartz vertel hoekom hy kies om voluit te leef in weerwil van motorneuronsiekte. Kliniese sielkundige Jolynne du Randt het waardevolle raad oor die krag van ons gedagtes.