Ilse Verster, skrywer van SO LYK ‘N VROU, vertel hoe sy die stukke opgetel het ná ‘n huwelik van 40 jaar waarin sy mishandel is, en verskeie kere haar eie lewe wou neem. Sy het praktiese raad vir vroue (en mans) in soortgelyke verhoudings. Kliniese sielkundige Jolynne du Randt gee wenke oor wat jou te doen staan om weg te breek uit toksiese verhoudings.