Grant Lottering, ‘n professionele fietsryer wat 10 jaar gelede tydens ‘n verskriklike val met sy fiets 22 bene in sy lyf gebreek het en op die toneel dood verklaar is, het sedertdien duisende kilometer per fiets afgelê en miljoene rande vir liefdadigheid ingesamel. Hy deel sy veerkragtigheidsverhaal met Ilse Salzwedel. Kliniese sielkundige Jolynne du Randt gee praktiese wenke oor visualisering, iets wat Grant ook gebruik het tydens sy herstelproses.