

Suksesstories - Episode 12
Lizma van Zyl kuier in die Noord-Kaap waar Hester Maasdorp boer. Sy moes ‘n lang en moeilike pad stap om haar droom te bewaarheid om haar eie veeplaas te hê. Hester vertel van die uitdagings in dié geharde wêreld. ‘n Vriendin en kollega getuig van die besonderse mens wat Hester is met stories soos …

Suksesstories - Episode 11
Lizma van Zyl gesels met vier vroue wat vir niks terugstaan wanneer dit by diereredding kom nie. Hulle bevind hulleself dikwels in gevaarlike omstandighede, maar red en rehabiliteer sover hulle gaan. Dis nie altyd net honde en katte wat aan die ontvangkant van hulle hulp en ontferming is nie. Van h…

Suksesstories - Episode 10
Lizma van Zyl gesels met ‘n ouerpaar van Kaapstad, wat alles in die stryd werp om hulle sewejarige dogtertjie se gesondheidsprobleme te oorkom.

Suksesstories - Episode 9
Hulle is albei die eerste lede van hulle familie wat universiteitsopleiding ontvang, en hulle gryp die geleentheid met beide hande aan. Lizma van Zyl gesels met twee uitblinkerstudente van die Universiteit van die Vrystaat. Chanel Lewis en Jade Hastings deel hulle uitdagings, en hulle dinamiese dos…

Suksesstories - Episode 8
Die organisasie se naam is sinoniem met hulpverlening, en lankal nie meer nét in Suid-Afrika nie. Lizma van Zyl gesels met die stigter en voorsitter van Gift of the Givers, dr. Imtiaz Sooliman. Hy vertel hoekom hy en sy span dikwels hulle eie lewe in gevaar stel om ander te help, soos onlangs toe h…

Suksesstories - Episode 7
Lizma van Zyl kuier by beradingsielkundige Hendrie Viljoen van die Paarl. Hendrie gee raad vir mense wat voor groot uitdagings staan, en dalk nie nou die lig op die pad vorentoe sien nie. Hy verduidelik onder meer hoekom dit so belangrik is dat ons veral in moeilike tye uitreik na ander mense.

Suksesstories - Episode 6
Twee mense met wilskrag van staal, en harte wat wawyd oop is vir hulle medemens, deel hulle lewensreis. Lizma van Zyl gesels met Pieter Cronjé en Elzaan van Zyl oor die uitdagings wat hulle onderskeie lewensbedreigende siektes op ‘n daaglikse basis oor hulle pad bring, asook die groei wat dit meebr…

Suksesstories - Episode 5
Haar hart is so groot soos ‘n huis vir kinders en jongmense, veral dié in gebiede waar die donker dikwels meer as die lig is. Lizma van Zyl praat met narratiewe berader dr. Thérèse Hulme oor hoe sy te werk gaan om kinders wat sukkel om hulle stemme te laat hoor, ‘n uitlaatklep gee. ‘n Voormalige le…

Suksesstories -Episode 4
Dr. Laurie Rauch van Kaapstad was goed op pad om ‘n Springbok driekamp-atleet te word toe tragedie tref. Lizma van Zyl gesels met dié akademikus oor sy lang pad na herstel, liggaamlik en emosioneel, en die rol wat dit in sy navorsingswerk gespeel het. Hy deel ook van sy tegnieke om te midde van gr…

Suksesstories -Episode 3
Hy is nie meer vandag se kind nie, maar sy fut is nog lank nie uit nie. Lizma van Zyl gesels met die legendariese musikant, Sipho Hotstix Mabuse. Dié “gentle giant” van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf deel sy vreugdes en passies, en vertel hoekom dit so belangrik is dat die regering jong kunstenaa…