Haar hart is so groot soos ‘n huis vir kinders en jongmense, veral dié in gebiede waar die donker dikwels meer as die lig is. Lizma van Zyl praat met narratiewe berader dr. Thérèse Hulme oor hoe sy te werk gaan om kinders wat sukkel om hulle stemme te laat hoor, ‘n uitlaatklep gee. ‘n Voormalige leerder vertel ook hoe dr. Hulme sy lewenspad verander het.