SpitstydSpitstyd

RSG Help Plus: Pensionaris soek hulp met reiskoste en verblyf vir bestraling

View descriptionShare
 

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kr 
966 clip(s)
Loading playlist
Arnie Rossouw (70) moet bestraling kry vir 'n gewas agter haar oor. Sy bly in Hendrina, en moet vir ses weke in Pretoria behandeling kry. Om daagliks tussen Mpumalanga en Pretoria te reis, is eenvoudig nie prakties nie. Die lang afstand, brandstofkoste en fisiese uitputting is moeilik vir ’n 70-jarige pasiënt wat daaglikse bestraling moet ondergaan. Arnie en haar man is albei pensioenarisse. Soos baie afgetrede Suid-Afrikaners het finansiële omstandighede verander, en kan hulle glad nie meer 'n premium-mediesefondsplan bekostig nie. Arnie is gediagnoseer met jugulotympanic paraganglioma. Die bestraling is oor ’n tydperk van ongeveer 6 tot 8 weke en bestaan uit vyf sessies per week. Die bestraling begin op 13 Julie 2026.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekk 
Social links
Recent clips
Browse 966 clip(s)