SpitstydSpitstyd

RSG Help Plus: ID-Help Fisantekraal

View descriptionShare
 
Fisantekraal is 'n gemeenskap net buite Durbanville in die noordelike voorstede van Kaapstad. Die ID-Help-projek het primêr ten doel om inwoners van Fisantekraal wat nie 'n ID het nie, by te staan om een te kry. Om beskadigde of verlore ID's te laat vervang, is redelik maklik, maar wanneer geboortesertifikate ontbreek en laat geboorteregistrasies moet plaasvind, raak die proses moeilik, uitgerek en duur. ID-Help Fisantekraal verskaf die bystand, administrasie en fondse vir mense om al hierdie struikelblokke te oorkom tot op die punt dat alle dokumentasie gereed is vir hulle om net hulle aansoek vir 'n ID te gaan indien. Ongedokumenteerde Suid-Afrikaners staar die volgende probleme in die gesig: Kan nie formeel vir werk aansoek doen nie; Het geen toegang tot enige regeringstoelaes of -hulp nie, soos SASSA-toelaes, kindertoelaes, behuising; Kan nie stem nie; Kan nie 'n bankrekening oopmaak nie; Kan nie 'n begrafnispolis besit nie; Kan nie 'n bestuurslisensie hê nie; Kan matriek skryf en 'n sertifikaat kry, maar sonder 'n geldige ID-nommer op die sertifikaat is dit niks werd nie. Nelleke Meintjes het met die projek begin.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekk 
Social links
Recent clips
Browse 966 clip(s)