Die skrywer Marko van der Colff is onlangs oorlede, en jy kan luister na ‘n argiefopname waarin SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, oor sy debuutroman gesels. Suzette Myburg gesels oor vier boeke wat haar verlede jaar beïndruk het. Johan Myburg bring hulde aan die Vlaamse digter, Leonard Nolens, en die gewilde Britse skrywers, Joanne Trollope en Sophia Kinsella (‘n skuilnaam vir die skrywer Madeleine Wickham) wat almal onlangs oorlede is. Hy vertel ook meer oor die aanvaardingstoespraak van die Nobelpryswenner, László Krasznahorkai, die gewildheid van gruwelfiksie as genre, en nuwe internasionale publikasies vir 2026.