Ilse Salzwedel gesels met Marthinus van Bart, oud-joernalis en kultuurskrywer, oor sy boeke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis (DIE KAAP VAN SLAWE, SONGS OF THE VELD-heruitgawe, DIE WOLRAAD WOLTEMADE GEDENKBOEK). En as jy hou van boeke wat jou laat lag, Johan Myburg het ‘n paar aanbevelings van boeke wat al vir die Bookerprys benoem is. Hy bring ook hulde aan Andrea Gibson, digter en aktivis, wat onlangs oorlede is, en vertel meer oor drie nuwe nie-fiksie boeke wat binnekort internasionaal verskyn. Jy kan ook luister na ‘n kort uittreksel uit ‘n onderhoud wat in 1999 met Eleanor Baker gevoer is.