Irma Venter gesels oor haar jongste misdaadroman, DIE DRIE WEDUWEES. Deborah Steinmair en Ina Strydom, beide groot boekliefhebbers, gesels oor boeke wat hulle onlangs gelees het en kan aanbeveel. Johan Myburg praat oor die lewe en werk van Tom Stoppard, vertel meer van die wenner van die Brics-letterkundeprys, en het nuus oor AudioFile, ʼn gedrukte en aanlynpublikasie wat oudioboeke aanbeveel en resenseer.