Ilse Salzwedel gesels met Pauli van Wyk oor haar onthullende boek oor Julius Malema. Anneli du Preez, die skepper van RSG se nuwe middagvervolgverhaal, gesels oor haar skryfwerk. Johan Myburg het weer nuus oor wêreldklas storievertellers, en in sy bydraes kan jy hoor wie op die kortlys vir die Bookerprys is, hoekom Sally Rooney nie self ‘n groot Britse prys kon gaan ontvang nie, en meer oor die Hilary Mantel-prys vir nuwe skrywers.