Die botsing waarin veertien leerders vroeër vandeesweek naby Vanderbijlpark gesterf het, het kwessies soos onpadwaardige voertuie en wetteloosheid op die paaie opnuut in die kollig geplaas. Noodlottige botsings eis nie net jaarliks duisende lewens nie, maar kos die land jaarliks na raming 186,5 miljard rand. Ons het op Monitor op een van die dryfvere gefokus, onpadwaardige voertuie. Die Organisasie teen Belastingmisbruik het in Maart verlede jaar groot sistemiese bedrog met die uitreiking van padwaardigheidsertifikate ontbloot. 'n Senior projekbestuurder van OUTA, Rudie Heyneke, sê die minister van vervoer weet goed waar die probleem lê, maar optrede om dit hok te slaan sloer.

“Onnies” voel magteloos teen ongeskikte leerders
09:10

NAAMSVERANDERING ONDERHOUD
06:21

“Moet nog nie jou sonpanele registreer nie”, sê energiekenner
08:34