President Cyril Ramaphosa het dokumente by die Hooggeregshof in Kaapstad ingedien oor die Phala Phala verslag. Hy vra dat die verslag van die onafhanklike paneel hersien word waarin gemeld word dat Ramaphosa wel antwoorde verskuldig is oor die diefstal van buitelandse valuta op sy plaas by Bela Bela. Die president vra slegs dat die verslag hersien word en nié 'n interdik teen die proses om hom in 'n staat van beskuldiging te plaas nie. Prof.Andre Duvenhage, ontleder van die Noordwes Universiteit sê hy het verwag dat die president tot die stap sou oorgaan.

Water: Die groot politieke speelbal in die Oos-Kaap
08:06

Nuwe skermtyd reels kom vir skoolkinders
05:45

Is die uitslag in Wyk 28 se wyksraadsverkiesing 'n aanduiding van hoe sake sal uitspeel in die plaaslike verkiesings?
07:15