Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê die regering werk tans aan nasionale riglyne oor skermtyd vir kinders, tussen twee en ses jaar oud. Volgens Gwarube toon navorsing dat oormatige blootstelling aan skerms, kinders se taalontwikkeling, slaap, en konsentrasie, negatief kan beïnvloed. Die departement wil nou groter fokus plaas op vroeë kinderontwikkeling en gesonde digitale gewoontes. 'n Senior dosent by die Departement van Kurrikulumstudies aan die Universiteit Stellenbosch, Dr. Zelda Barends het aan Monitor verduidelik wat die reels moontlik kan behels en beklemtoon ook dat ouers hoofsaaklik verantwoordelik sal wees vir die uitvoering daarvan.

Water: Die groot politieke speelbal in die Oos-Kaap
08:06

Is die uitslag in Wyk 28 se wyksraadsverkiesing 'n aanduiding van hoe sake sal uitspeel in die plaaslike verkiesings?
07:15

SAPHRA en Suid-Afrikaanse Apterkersraad waarsku teen verslankings-wonderkuur
10:34