Inwoners van die noordelike buurte van die Nelson Mandelabaai-metro, het gevra dat die weermag ook daar ontplooi word teen misdaad. President Cyril Ramaphosa het verlede week in sy staatsrede gesê dat die weermag in die Wes-Kaap en Gauteng ontplooi sal word om die polisie by te staan in die stryd teen bendes. Inwoners het gister by die Gelvandale-polisiestasie in Gqeberha 'n petisie aan die owerheid oorhandig. Die gemeenskap sê misdaadvlakke in die noordelike buurte is buite beheer, en hulle sal enige ingryping om misdaad te bekamp verwelkom. Ons praat nou met die Menseregte-monitor en gemeenskapsaktivis in die provinsie, Christian Martin.

Die VN vrees volksmoord in Gaza, maar Trump sê daar is vrede.
09:25

Die VSA en China is op teenstrydige trajekte as dit kom by hernubare energie
07:53

Springs goudsoekers soek teen die wet 'n fortuin.
07:23