SABC Nuus
SABC News in Afrikaans, bringing you the latest news, current affairs, elections and stories from South Africa and around the world.23 clip(s)
Loading playlist
ActionSA moet aan standaarde voldoen wat ander partye straffeloos kan ignoreer. Ek weier om hierdie dubbele standaarde te aanvaar." Só sê die leier van ActionSA, Herman Mashaba. Hy sê ook sy party sal hom nie laat intimideer om besluite te neem wat politieke ego's streel nie, en dat buitestanders nie die party se politieke toekoms bepaal nie. Dié uitlatings volg in die lig van beweringe dat ActionSA 'n moontlike koalisie saam met die ANC en ander kleiner partye gaan vorm in Gauteng se drie metro's. Ons praat nou met 'n politieke ontleder aan die Noordwes Universiteit, professor Piet Croucamp.





