Mense het verlede week vlugtig bewus geword van lugbesoedeling toe daar 'n vrot eier-reuk oor Gauteng gehang het. En soos ons verlede week vasgestel het, is die reuk nie noodwendig 'n gesondheidsgevaar nie. Die oorsprong daarvan is n verhoogde vlak van waterstofsulfied danksy sekere nywerhede. Maar lugbesoedeling in spesifieke dele van Suid-Afrika hou definitief 'n gevaar vir mense se gesondheid in. Studies toon dat 42 duisend sterftes in 2023 toegeskryf kan word aan swak luggehalte. Ons het op Monitor met Professor Roelof Burger van die Noordwes Universiteit se Eenheid vir Omgewingswetenskap en Bestuur gepraat en hy het verduidelik hoe gebrekkige dienslewering gekoppel kan word aan swak luggehalte.

Die Mynbou departement is verantwoordelik vir die onwettige-mynbou pandemie in die land sê kenner
05:29

Naweekaktueel 14 Maart 2026
07:52

Die Persraad stem saam: Akkerland Boerdery is nie onteien nie.
10:24