Die Wet op Administratiewe Beregtiging van Verkeersmisdrywe gaan verskeie veranderinge meebring oor hoe verkeersboetes aan motoriste uitgereik word, en uiteindelik betaal word. Kragtens die Aarto-wet kan kennisgewings oor verkeersoortredings elektronies uitgereik word, en gewoonte-oortreders se rybewyse kan opgeskort word. Daar is egter steeds verwarring oor hoe die proses sal werk. Vir klarigheid het Monitor met die woordvoerder van die Padverkeersoortredingsagentskap, Monde Mkalipi gepraat. Hy verduidelik ook spesifiek wat gedoen moet word indien jy die nuwe stelsel betree met uitstaande boetes.

Die EFF eis die inhegtenisneming van Paul O'Sullivan.
08:35

Sanitêre doekies: Nie ‘n bron vir paniek nie, maar kanker skakel moet verder ondersoek word.
05:35

BRANDPUNT 25 Feb 2026: Spesiale Begrotings-rede program
14:39