'n Boodskap wat die rondte op woonbuurt-whatsapp groepe in Johannesburg doen, begin paniek saai oor of Eskom van plan is om die krag af te sny, weens die Johannesburgse Metro se versuim om agterstallige skuld aan die kragvoorsiener oor te betaal. Die stad se skuldlas aan Eskom staan tans op meer as 5-komma-2 miljard rand. Eskom het in November 2024 reeds 'n kennisgewing uitgereik ingevolge die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid. Die kragvoorsiener waarsku NOU dat hulle kragtoevoer aan die Metro sal onderbreek of afsny teen 8 Julie, indien die situasie nie omgekeer word nie. Ons het ook gefokus op die Khai-Garieb munisipaliteit wat in dieselfde situasie verkeer weens R1 miljard rand se agterstallige Eskom geld.

Water: Die groot politieke speelbal in die Oos-Kaap
08:06

Nuwe skermtyd reels kom vir skoolkinders
05:45

Is die uitslag in Wyk 28 se wyksraadsverkiesing 'n aanduiding van hoe sake sal uitspeel in die plaaslike verkiesings?
07:15