Die Nasionale Polisiekommissaris Fannie Masemola het onlangs n besoek aan Lesotho afgelê na sy eweknie in Maseru beweer het dat 'n groep genaamd Malata Naha besig is om, op plase in die Vrystaat, militere opleiding te bied met die doel om grondvergrepe in Suid Afrika uit te voer. Die nasionale polisie woordvoerder Brigadier Athlenda Mathe sê die besoek het geen sulke bewyse opgelewer nie. Sy stem wel saam dat die teenwoordigheid van Lesotho Bugers aan die suid afrikaanse kant van die grens n probleem skep. Intussen waarsku Vrystaat Landbou se veiligheids-risiko ontleder Dr. Jane Buys dat die situasie die grondslag skep vir plaaslike boere om reg in eie hande te neem.

Die Mynbou departement is verantwoordelik vir die onwettige-mynbou pandemie in die land sê kenner
05:29

Hoe 'n gebrek aan dienslewering ons lug besoedel
06:53

Naweekaktueel 14 Maart 2026
07:52