Boere se ore het gespits nadat gerugte die rondte doen oor Lesotho-burgers wat militêre opleiding op plase kry, om later grondvergrype na-aan die grens uit te voer. Lesotho se polisiehoof, Borotho Matsoso, het op 'n mediakonferensie gesê sy land is bewus van die groep Malata Naha, wat sogenaamde verowerde gebiede wil terugvat. Ons praat met 'n veiligheids-risiko-ontleder by Vrystaat Landbou, dr. Jane Buys.