Tydens ‘n opvolg-gesprek met die uitvoerende hoof van die Abraham Kriel kinderhuis, Gerda van der Merwe watter lesse hulle geleer het uit die voorval van seksuele misdrywe teen n tienermeisie in hul sorg. Fanie Pieterse, n huispa, het hierdie week skuldig gepleit op aanklagte van seksuele uitbuiting en die gereedmaking van n 15-jarige meisie. Pieterse het fotos van sy geslagdele per Whatsapp gestuur en ook n gastehuis bespreek waar hy intiem met die kind wou verkeer. Die kinderhuis het te hore gekom van die voorval en die polisie genader wat tot Pieterse se inghegtenisneming gelei het. Dit het wel aan die lig gekom dat Pieterse, ondanks n kriminele rekord, vir n twede keer in diens geneem is deur die kinderhuis. Die kwessie het hulle genoop om 'n interne ondersoek in te stel na hulle indiensnemingspraktyk. Monitor het gaan uitvind watter verskil dit in die toekoms sal maak.

Die Mynbou departement is verantwoordelik vir die onwettige-mynbou pandemie in die land sê kenner
05:29

Hoe 'n gebrek aan dienslewering ons lug besoedel
06:53

Naweekaktueel 14 Maart 2026
07:52