20 Augustus 2026: Wagyu-vleis is ‘n premiumproduk, maar wat beteken dit vir die verbruiker, die produsent en die handelsmerk? Tanya Pieterse van die Wagyu-genootskap praat oor regulatoriese aangeleenthede en protokolle, en deel ‘n paar feite oor die gesondheidsvoordele van dié vleis. Dit is ook onderwerpe wat tydens die Wagyu-wêreldkonferensie op 13 en 14 Oktober in die Wes-Kaap bespreek sal word. Die Sernick-groep bied op 4 September weer hulle veiling aan. Chris Derksen is terug met nuus oor vleispryse, en Johan van den Berg gesels weersake.