RSG LandbouRSG Landbou

RSG Landbou: ‘Ongekende en ongesonde tydperk vir diere’

View descriptionShare
 
19 Augustus 2026: Dit is ongekende en ongesonde tye vir diere in Suid-Afrika. Sá sê prof. Dietmar Holm van die Universiteit van Pretoria. Hy is onlangs aangestel as die Melkprodusente-organisasie se hoofveearts, en sal Melk SA se dieregesondheid- en welsynsprojek onder die MPO-vaandel lei. Ons praat met hom oor sy nuwe rol. Het jy geweet die meeste vars groente en vrugte word daagliks tussen 12:00 en 16:00 by kettingwinkels gekoop. Verbruikerstendense het tydens Aartappels SA se kongres ter sprake gekom. Ons praat hieroor met Pieter van Zyl van die Shoprite-groep.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

RSG Landbou

'n Program vir boere dwarsoor die land.
Social links
Recent clips
Browse 3,600 clip(s)