18 Augustus 2026: Die Wagyu-beestelersgenootskap van Suid-Afrika is in Oktober vanjaar die gasheer van die Wagyu-wêreldkonferensie. Waldo Scheepers vertel van hierdie geleentheid, spesifiek van die produksiepraktyke wat tydens die konferensie aandag sal geniet. Karsten Boerdery is ‘n bekende tafeldruifprodusent van die Noord-Kaap. Hulle het ook ‘n plaas by De Doorns. Anton Bothma is die bestuurder op dié plaas, en ons het tydens die afgelope SA Tafeldruifkonferensie met hom gesels.