18 Junie 2026: Die Suid-Afrikaanse Jagter- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) het die Konstitusionele Hof gevra om ’n omstrede definisie van die woord “dierewelstand” uit die NEMBA-wet te skrap. Wat is die rede hiervoor? Ons vind ook uit waarom dit vir ‘n Bonsmara-stoetboer van die Kalahari nodig is om sy diere te selekteer vir sterk kloue. Ons gesels met Gert Olivier van die Bonka Bonsmara-stoet. Johan van den Berg is terug met weernuus, en Chris Derksen met die week se vleispryse.