RSG LandbouRSG Landbou

RSG Landbou: Jack Human Bewaringslandbouweek

View descriptionShare
 
26 Junie 2026: Jack Human word beskou as die pionier van bewaringslandbou in Suid-Afrika. Hy was 65 toe hy in 2015 ná ’n fratsongeluk op sy plaas oorlede is. Die Jack Human Bewaringslandbouweek word in Augustus aangebied. Professor Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou, vertel waarna produsente kan uitsien. Die Suid-Afrikaanse wynbedryf dra miljarde tot die ekonomie by, ondersteun werksgeleenthede, lok toeriste van regoor die wêreld en voer wyn uit na meer as 100 lande. Tog gaan een van die belangrikste gesprekke wat die toekoms daarvan vorm, nie net oor wyn nie. Dit gaan oor mense, geleenthede, en om te verseker dat meer Suid-Afrikaners betekenisvol kan deelneem aan die bedryf se sukses. Phil Bowes, bestuurder van inklusiewe groeistrategieë by South Africa Wine, verduidelik.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

RSG Landbou

'n Program vir boere dwarsoor die land.
Social links
Recent clips
Browse 3,554 clip(s)