13 Julie 2026: Die aanteken van reënvalsyfers en die verstaan van reënvalsiklusse kan ‘n boer help om sy plaas beter te bestuur. Dr. Justin du Toit van Grootfontein Landboukollege het ‘n toepassing ontwikkel wat hy gratis aan boere beskikbaar stel vir die aanteken van reënvaldata. ‘n Span jong navorsers aan die Universiteit van Pretoria ontwikkel ’n gesondheidsaanvulling wat sitrusskilafval omskep in ’n hulpmiddel teen lewenstylsiektes.