25 Mei 2026: Die Nasionale Wolkwekersvereniging vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar! Die amptelike handelsmerk van dié vereniging is ‘n springbokkop. Annelize Smit van Niekerk vertel hoe daar in 1931 op dié kenteken besluit is. Die Springbokkop-wolklasserkwalifikasie is die hoogste kwalifikasie wat ‘n wolklasser kan bereik. Ons kyk na die pluimveegroep, Astral, se jongste finansiële resultate, die bek-en-klouseer-siektebeheergebied in KwaZulu-Natal wat geskrap is, en Suid-Afrika se koringinvoertarief wat na nul rand per ton geval het.