3 Julie 2026: Pogings word voortgesit om bek-en-klouseer die nekslag toe te dien. Noue samewerking tussen boere, veeartse en die regering is besig om vrugte af te werp. Die minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, bring ons op hoogte van die stand van sake. Ons hoor wat alles in die jongste uitgawe van die gratis landboutydskrif, Agriprobe, gelees kan word. Die wynmaker by De Grendel, Morgan Steyn, praat oor die waarde van mentorskap in die landbou.