24 September 2026: Dit is ‘n bekende feit dat kanolaverbouing in Suid-Afrika ‘n blink toekoms het. Die ander goeie nuus is dat droëland-kanolakultivars ook nou beskikbaar is. Ons het tydens Nampo Kaap met Piet Lombard van die Wes-Kaapse Departement van Landbou hieroor gesels. Ntaba Nyoni se Ankole en Vriende-veiling vind op 3 Oktober plaas. Johan van den Berg is terug met die jongste weervooruitsigte, en Chris Derksen gesels oor vleispryse.