23 September 2026: Die BKB Groep se jongste finansiële resultate is op 9 September bekendgemaak. Volgens Jannie van Niekerk is die kontantvloei wat hulle kon genereer beslis die hoogtepunt. Hy vertel hoe dié groep sy sterkste finansiële prestasie nóg bereik het. ‘n Boer van Hartbeesfontein in Noordwes, Bertus Joubert, is die wenner van die 2026 TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie. Hy het na tien jaar in Australië besluit om eerder in Suid-Afrika te kom boer. Ons gesels met hom oor sy boerdery. Ons hoor ook wat die Mazél en Magaliesberg Bonsmara-groep vir hulle veiling van 2 Oktober in Rustenburg beplan.