28 Mei 2026: Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean MacPherson, het by Nampo die Adopt a Municipality-inisiatief bekendgestel. Die waarde van herlewing- en bewaringslandbou het ook by Nampo ter sprake gekom. Alhoewel Suid-Afrika onder die top tien lande is wat herlewingslandbou as praktyk toepas, moet produsente besef dat ‘n kopskuif nodig is. Dié praktyke verlaag insetkoste, en verseker gesonde grond en biodiversiteit. In ons weergesprek met Johan van den Berg gesels ons oor die realiteit van die El Niño-weerverskynsel. Chris Derksen is op sy pos met die week se vleispryse.