RSG DokumentêrRSG Dokumentêr

DIE MUSIEKBEDRYF BY ‘N KRUISPAD deur Fritz Klaaste

View descriptionShare
 
Die musiekbedryf moes homself telkemale die agelope paar dekades herontwerp. Ons het die grammafoon sien kom en gaan met vinielplate, kassette, CD's en deesdae elektroniese weergawes. Die kompakskyf, wat die ruggraat van musiekverspreiding geword het, is besig om sy laaste asemteue te neem. Daar is vandag slegs een CD-pers in Suid-Afrika, en die produksiekoste het die hoogte ingeskiet. Musiek is nou bykans heeltemal digitaal, en die bedryf wat dit bemark en voorsien aan die verbruiker, moes met groot spronge probeer byhou by ontwikkeling. Selfs kunstenaars kan nie byhou met die vinnige verandering nie. Apple Music is besig om internetradiostasies daar te stel, wat toegewyd is aan spesifieke populêre kunstenaars. Met slegs die betaling van 'n klein maandelikse subskripsiefooi, het die verbruiker konstante toegang tot 'n tamaai groot aanlynmediateek. Waar staan die bedryf vandag? Fritz Klaaste het gaan ondersoek instel.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

RSG Dokumentêr

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Social links
Recent clips
Browse 352 clip(s)