‘n Plektrum is ‘n klein stukkie gereedskap wat gebruik word om snaarinstrumente mee te tokkel. Vir die Suid-Afrikaanse kitaargenie, musiekvervaardiger en komponis, Mauritz Lotz, is ‘n plektrum deel van sy persoonlike arsenaal, en versinnebeeld dit dat iets klein - ook in die lewe - ‘n groot verskil kan maak. In dié musikale reis, maak Mauritz sy hart oop teenoor Esté de Klerk, en deel hoekom sy hartsverbintenis tot musiek hom so veilig laat voel en ‘n plek is waar hy heel word.